Gaan jy deelneem?

Previous Topic Next Topic
 
classic Classic list List threaded Threaded
1 message Options
Reply | Threaded
Open this post in threaded view
|

Gaan jy deelneem?

Nel, Dirk
 
-----Original Message-----
From: Ria Viljoen [mailto:[hidden email]]
Sent: 15 September 2006 07:50 AM
To: Alethea McInroy; Anette Joubert; Ansie; Ansie van Niekerk; Benita van Loggerenberg; Coralié Tait; Nel, Dirk; Estelle Marx; Hester Bezuidenhout; Frans Du Toit; Karen Van den Bergh; Magda; Mariet du Plooy; Marinda Bloem; Maryna Ward; Neeltjie Celliers; Nellie van Vuuren (HQ); Nellie Venter; Nel-Marie; Nita Van Vuuren; Riaan; Ronel van Zyl; Sylvia Wessels
Subject: Gaan jy deelneem?


Geliefdes,

 

Hierdie is verseker die sinvolste e-pos  (sien ook attachment) oor die oplossing van ons land se probleme wat nodig is om aan soveel moontlik Christene aangestuur te word. Kom ons doen mee, beide in die vasdag en om die versoek aan alle Christene wat ons ken, te stuur. Ter ondersteuning haal ek graag die volgende twee Skrifgedeeltes aan:

 "...en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan." (2 Kron. 7:14,15).

 "Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: 'Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik." (Mark. 10:27).

 Kom ons bid ook dat ons as 'n volk en so ook ons regering hulle voor God sal verootmoedig en hulle tot God bekeer.

 John Higgins  

 Dag van Vas en vir ootmoediging!!

 `n Dag van vas en gebed vir Suid-Afrika. Sondag, 01 Oktober 2006 vanaf 06h00 tot 18h00.  Hierdie volk (veral die Afrikaner) leef in tye van groot onheil.  Net soos in die dae van Ester toe `n aankondiging gemaak is om al die Jode uit te moor, is ons in dieselfde gevaar vandag.  Die onophoudelike moord, roof, verkragtings, martelings en ander geweld vind op so `n subtiele manier plaas dat geen wapen dit kan stop nie - anders dan as deur die krag van God en ons hoor dit en ons gaan maar net weer aan met ons alledaagse gejaag.
 Ek doen `n beroep op elkeen vir wie hierdie `n saak van belang is om op die
01'e Okt 2006 vanaf 06h00 tot 18h00 die dag af te sonder en wy aan vasting en ernstige gebed en van God te vra vir sy genade en beskerming in Christus en vir die bekering en beskerming van ons as volk en die terugkeer na Hom toe.
 Die mense wat die krag van God minag en Sy genade dan verwerp of nie erken nie , moet hierna self hul eie heil uitwerk.  Die Here bly `n skild en pantser vir elkeen wat by Hom skuil en op Hom vertrou as die onwankelbare Rots.  Vergeet van hulp van die polisie, die regering, sekuriteitsfirma of enige mens - die enigste antwoord is as Christene saamstaan en God se aandag op ons vestig deur dit deur gebed en bekering(die wat weggedwaal het) te bepleit.
 Moenie dwaas handel en dink dat hierdie dinge sal my nie oorkom nie - ek het God nie nodig nie en kan na myself omsien. Laat ons nou as `n volk ons tot God wend en Hom dien en aanbid in gees en waarheid. Christus is ons enigste hoop op verlossing uit die hand van die verderwer. Laat ons nou met God versoen!
 Help my asb. om die e-mail en sms aan te stuur sodat almal die boodskap betyds kan kry en die Christene 'n dag kan uitsonder om in een stem en eendrag tot God te bid vir verandering - nie soos ons dit bedink en wil nie maar dat Sy wil sal geskied in geregtigheid.
 Groete in Jesus Christus - ons Verlosser en Rots in die tye van storms.
 NS. Baie oulike e-posse word uitgestuur waarin staan wat se goeie dinge sal jou tref as jy die e-pos aan 7, 10 of 100 mense stuur.  Al wat kan gebeur indien jy hierdie e-pos aan soveel mense stuur as wat jy kan - is daar kan verandering in ons land en omstandighede kom.  Moenie die krag van gebed en die arm van God onderskat nie!!!  Die internet word hoofsaaklik gebruik tot satan se voordeel - kom ons gebruik dit tot Christus se voordeel sodat ons ook daarby kan baat as sy kinders.

 


This email and all content are subject to the following disclaimer:

http://content.momentum.co.za/content/legal/disclaimer_email.htm



winmail.dat (44K) Download Attachment